Joodse Papiaments

Joodse Papiaments
Gepraat in: Koninkryk van die Nederlande
Gebied: Karibiese See
Totale sprekers:
Taalfamilie: Kreools
 Portugees
  Joodse Papiaments 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: pap

Joodse Papiaments is 'n bedreigde etnolek van die kreoolse taal Papiaments wat deur die Sefardiese Jode van die Karibiese eiland Curaçao gepraat is. Dit is waarskynlik die enigste Joodse diasporataal wat ook 'n kreooltaal is.[1]

Die Sefardiese etnolek en die algemene taal van die eiland se nie-Joodse bevolking is wedersyds verstaanbaar, maar daar is stilistiese en leksikale verskille, insluitend baie leenworde uit Hebreeus en Aramees.[2]

  1. Shabashewitz, Dor (2023). "A Jewish creole language in the Caribbean". The Forward (in Engels).
  2. Jacobs, Neil G. "Jewish Papiamentu". Jewish Language Project (in Engels). Besoek op 9 Julie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search